Een ding wat ons van Suid Afrika kan sê is dat ʼn mens nie vir ʼn oomblik verveeld is nie. Daar is soveel verwikkelinge van een week na ʼn ander dat ʼn mens skaars kan byhou. Dan weer is die dinge wat gebeur so verontrustend dat ʼn mens dalk eerder verveeld sou wou wees. Hoe dit ook al sy, dinge gebeur hier by ons.

Binne die bestek van twee weke was dit die toewysings aan behoeftiges deur die dept. van Maatskaplike dienste wat in gedrang was, grondbesit, me Zille se twiet oor kolonialisme en nou die ontstellende gebeure rondom mnr. Gordham se terugroep na Suid Afrika midde ʼn deputasie toer in Brittanje en op pad na die VSA.